ONS SPAN

Direkteure

Entrepreneurs Alwyn Visser en Johan du Preez lei die maatskappy al vir baie jare onder die leuse: “Net die beste vir ons kliënte.”

In 2017 het twee mans uit die volgende generasie by die maatskappy aangesluit:

Werner Honing

Werner, ‘n meganiese ingenieur, sal hom toespits op die aanwending van nuwe tegnologie en ontwikkeling van nuwe implemente om die maatskappy in staat te stel om sy hoë standaarde vir grondvoorbereiding te handhaaf.

Christiaan Visser

Christiaan, ‘n siviele ingenieur, se passie lê by die voortsetting van die maatskappy se jarelange bekendheid as dambouers van keuse om die landbou in staat te stel om die skaars kommoditeit van water maksimaal te benut.

Areabestuurders

Hierdie bekwame en toegewyde bestuurders is ons direkte skakel met landbouprodusente en sal toesien dat die regte toerusting produktief aangewend word om die beste resultate te lewer:

  • Stefan Nesenberend & Marshall Africa: Robertson & Worcester
  • Boetie Kossatz: Ashton, Bonnievale, Bredasdorp, Swellendam & Mosselbaai
  • Hannes Pieters: Villiersdorp, Stanford, Paarl, Ceres & Koue Bokkeveld
  • Christo Kossatz: Montagu, Barrydale, Touwsrivier & Laingsburg
  • Steyn Wessels: Overberg area to the ocean.

Precision Agriculture Manager

Jan Willem Bruwer

Damkonstruksie Terreinbestuurders

Gawie Venter, Cobus Hennig, Tinus Prinsloo

Die terreinbestuurders is verantwoordelik vir die operasionele bestuur van die konstruksie van gronddamme op terrein.

Algemene Bestuur

Finansiële Bestuurder: Roxanne Pretorius

Roxanne is verantwoordelik vir ons finansies asook die debiteure.

Vlootonderhoudsbestuurder: Johan Lesch en tegniese span

Johan is verantwoordelik vir die onderhoud van ons vloottoerusting asook onderdele voorraadvlakke. Hy bestuur ‘n volledige werkswinkel beman deur gekwalifiseerde en toegewyde werktuigkundiges wat hulle toespits op die instandhouding van ons toerusting en ondersteuningsvoertuie.

Menslike Hulpbronne: Hennie Jordaan

Môreson se mense is sy grootste bate. Hennie hanteer werwing, opleiding, sosio-ekonomiese sake en almal se pakette.

Logistieke Bestuurder: Bennie Koch

Bennie is verantwoordelik vir die logistieke bestuur van die maatskappy se totale vloot ondersteunings voertuie en vervoer van abnormale vragte.

Salarisklerk: Charmaine le Roux

Charmaine is in beheer van die salarisafdeling en is die kontakpersoon vir alle salarisverwante navrae.

Administratiewe Beampte en PA: Tanya Lucas

Tanya hanteer alle algemene administratiewe en organisatoriese funksies, navrae, bemarkingsverwante kwessies asook tenderverwante sake.

Werkswinkelaankoper: Wimpie Payne

Wimpie hanteer die aankope van werkswinkelitems wat nie in voorraad aangehou word nie, asook algemene administrasie van die werkswinkel.

Voorraad Kontroleurder: Rodney Visasie

Rodney hanteer die plasing van bestellings vir aankope van onderdele en verwante items en is ook verantwoordelik vir die uitreiking van sodanige onderdele.

Operateurs

Môreson het ongeveer 70 gemotiveerde en ervare operateurs wat tweejaarliks blootgestel word aan her-opleiding deur professionele opleidingsmaatskappye.

afAfrikaans