OOR ONS

Gestig: | 1924 |
Hoofkantoor: | Robertson, Wes-Kaap |
Personeel: | 160+ |
Diensarea: | Westelike Provinsie |
Kern Aard van Besigheid:
‘n Grondverskuiwingsmaatskappy wat deskundige dienste lewer aan die hoogs kompeterende wyn- en vrugte-industrieë, staatsdepartemente asook plaaslike regerings.
Van Baanbreker Werk tot ‘n Gevestigde Onderneming
Môreson is gestig deur Mnr. Gawie Viljoen. Sy hoof fokus was meganiese ingenieurswerk en grondwerke as ‘n diens aan die landbou sektor. Deur leierskap van Menere Alwyn Visser Snr., Alwyn Visser Jnr. en Johan du Preez het die besigheid ontwikkel tot ‘n toonaangewende grondverskuiwingsmaatskappy wat spesialiseer in grondvoorbereiding en die konstruksie van damme vir kommersiële boerdery ondernemings.
Môreson Grondverskuiwers, in assosiasie met Africa Biomass Company, het uitgebrei om in ‘n verdere groot behoefte in die landbou te voorsien, naamlik in die herwinning van biomassa in enige vorm, bv. vrugtebome, wingerdstokke, ongewenste windlanings, saagmeul uitvalhout en munisipale groenvullis. Al hierdie materiaal word opgemaal tot spaanders (”chips”) wat as deklaag gebruik word of tot kompos verwerk word.
Gemeenskap
Die maatskappy is ‘n gemeenskap-georiënteerde besigheid en is ingestel om ondersteuning te bied op verskeie terreine, soos grondwerke gelewer vir die ongelooflike Jakes Gerwel Technical High School Bonnievale asook Thunderchild project.

100ste Bestaansjaar


In 2024 vier Môreson Grondverskuiwers sy 100ste bestaansjaar.
Gedurende hierdie tydperk het Môreson ontwikkel van ‘n maatskappy wat dorswerk gedoen het met stoomtrekkers, asook algemene ingenieurswerke, na ‘n grondverskuiwingsmaatskappy wat spesialeer in grondvoorbereiding, massa-uitgrawings, grawe van pyplyne en dreineringslote, bou en herstel van gronddamme en die herwinning van biomassa.
Die maatskappy stel hoë standaarde met behulp van ‘n vloot van bykans 100 doelvervaardigde en gespesialiseerde masjiene wat die nuutste tegnologie, beide uit die industrie en self-ontwikkel, verteenwoordig. Dit is hierdie fokus op standaarde en tegnologie wat dan ook gelei het tot die vennootskap met Africa Biomass Company, wat vanjaar hulle 20ste bestaansjaar vier.
Môreson Grondverskuiwers se sukses is gegrond op ‘n fondasie van ‘n eeu se kwaliteit in spesialisdienste. Daarby is ons dankbaar vir ‘n kliëntebasis en gemeenskap sonder wie ons nie hierdie trotse 100 jaar mylpaal sou kon bereik nie. Ons betrokkenheid by, en hart vir die gemeenskap wat ons bedien, is gewortel in ons sterk familiewaardes. Daarom is dit vir ons ‘n roeping om terug te ploeg in ons gemeenskap.
Ons toekomsstrewe is om voort te bou op jarelange gevestigde sakeverhoudinge, terwyl ons daarna uitsien om nuwe bande te smee.
Dankie Vader, dat u ons arbeid seën

’n Eeu van diens aan die gemeenskap
Om ’n maatskappy soos Môreson Grondverskuiwers; ná 100 jaar steeds suksesvol te bedryf is harde werk, en behels ook die bou van verhoudings en die...