SPESIALIS DIENSTE

soil prep

GRONDVOORBEREIDING

Môreson Grondverskuiwers besit ‘n vloot stootskrapers van verskillende groottes, toegerus met doelgemaakte implemente, om die beste resultate in grondvoorbereiding te verseker.

trenching

GRAWE VAN SLOTE

Môreson Grondverskuiwers beskik oor ‘n wye reeks graafmasjiene. Saam met ons bekwame operateurs lewer ons dienste soos slote vir dreinering van grondwater, stormwater en pypleidings.

orchard recycle

BOORD & WINGERD HERWINNING

Môreson beskik oor ‘n vloot graafmasjiene, met doelgeboude graafbakke en vingers, om vrugtebome en wingerd met wortels koste-effektief uit te haal en die grond skoon en gelyk te laat.

specialist sevices

WALLE VIR LANDBOU

Ons gebruik ‘n reeks stootskrapers met doelgerigte ploeë om walle te ploeg vir die vestiging van vrugte, bessies en wingerd. Hierdie metode is tans baie populêr vanweë aanpasbare afmetings en kostedoeltreffendheid.

mass excavation

MASSA-GRONDWERKE

Met ons kundige span en vloot spesialistoerusting, is Môreson Grondverskuiwers goed toegerus vir die bou van platvorms vir pakstore, koelkamers, sportvelde en vele meer.

river rehab

RIVIERREHABILITASIE

Môreson Grondverskuiwers, in vennootskap met Africa Biomass Company, beskik oor ‘n vloot doelgerigte masjiene om indringerbome uit riviere te verwyder.

dam building

BOU VAN GRONDDAMME

Môreson beskik oor professionele damkonstruksiespanne wat gronddamme bou om lewensgewende water te stoor. Ons verbind onsself tot lewering van gehalte damprojekte.

road rehab

PADREHABILITASIE

‘n Volledige reeks padboutoerusting stel ons in staat om noodsaaklike onderhoud en herstelwerk te doen aan grondpaaie vir landelike munisipaliteite en landbou produsente.

windbreak

WINDLANING-HERWINNING

Ons vennoot, Africa Biomass Company, lewer ‘n volledige diens om windlanings te verwyder en om te skakel na houtspaanders, of “chips”, en dit as deklaag in boorde en wingerde te plaas.

afAfrikaans