Oor Ons

Môreson Grondverskuiwers Head Office / Hoofkantore

Gestig: 1924
Hoofkantoor: Robertson, Wes-Kaap
Personeel: 160+
Diensarea: Westelike Provinsie

Kern Aard van Besigheid:

‘n Grondverskuiwingsmaatskappy wat deskundige dienste lewer aan die hoogs kompeterende wyn- en vrugte-industrieë, staatsdepartemente asook plaaslike regerings.

Van Baanbreker Werk tot ‘n Gevestigde Onderneming

Môreson is gestig deur Mnr. Gawie Viljoen. Sy hoof fokus was meganiese ingenieurswerk en grondwerke as ‘n diens aan die landbou sektor. Deur leierskap van Menere Alwyn Visser Snr., Alwyn Visser Jnr. en Johan du Preez het die besigheid ontwikkel tot ‘n toonaangewende grondverskuiwingsmaatskappy wat spesialiseer in grondvoorbereiding en die konstruksie van damme vir kommersiële boerdery ondernemings.

Môreson Grondverskuiwers, in assosiasie met Africa Biomass Company, het uitgebrei om in ‘n verdere groot behoefte in die landbou te voorsien, naamlik in die herwinning van biomassa in enige vorm, bv. vrugtebome, wingerdstokke, ongewenste windlanings, saagmeul uitvalhout en munisipale groenvullis. Al hierdie materiaal word opgemaal tot spaanders (”chips”) wat as deklaag gebruik word of tot kompos verwerk word.

Gemeenskap

Die maatskappy is ‘n gemeenskap-georiënteerde besigheid en is ingestel om ondersteuning te bied op verskeie terreine, soos grondwerke gelewer vir die ongelooflike Jakes Gerwel Tegniese Hoërskool in Bonnievale asook die Thunderchild-wingerdprojek van Die Herberg Kinderhuis op Robertson.